Obeid-tydperk

Obeid-tydperk
Ander name Ubaid-tydperk
Streek Mesopotamië
Tydperk Kopertydperk
Datums c. 6500-3800 v.C.
Tipeterrein Tell al-Obeid
Belangrike terreine Eridu
Voorafgegaan deur Halaf- en Halaf-Obeid-oorgangstydperk, Hassuna- en Samarra-beskawing
Opgevolg deur Uruk-tydperk

Die Obeid-tydperk of Ubaid-tydperk (omstreeks 6500-3800 v.C.)[1] was ’n prehistoriese tydperk van Mesopotamië. Die naam is afgelei van Tell al-Obeid, of Tell al-'Ubaid, waar die vroegste groot uitgrawings van materiaal uit dié tydperk aanvanklik onder die Britse Egiptoloog Henry Hall en later deur die Britse argeoloog Leonard Woolley plaasgevind het.[2]

In Suid-Mesopotamië is die Obeid-tydperk die vroegste bekende tydperk op die spoelvlakte, hoewel vroeëre tydperke waarskynlik onder die spoelgrond verberg word.[3] In die suide het dit lank geduur, van omstreeks 6500 v.C. tot omstreels 3800 v.C., toe dit deur die Uruk-tydperk vervang is.[4]

In Noord-Mesopotamië het die tydperk net geduur van omstreeks 5300 v.C. tot omstreeks 4300 v.C.[4] Dit is hier voorafgegaan deur die Halaf-tydperk en die Halaf-Obeid-oorgangstydperk, en opgevolg deur die laat Kopertydperk.

  1. Carter, Robert A. en Philip, Graham Beyond the Ubaid: Transformation and Integration in the Late Prehistoric Societies of the Middle East (Studies in Ancient Oriental Civilization, Number 63) Geargiveer 15 November 2013 op Wayback Machine The Oriental Institute of the University of Chicago (2010) ISBN 978-1-885923-66-0 p. 2
  2. Hall, Henry R. and Woolley, C. Leonard. 1927. Al-'Ubaid. Ur Excavations 1. Oxford: Oxford University Press.
  3. Adams, Robert M.C.C. en Wright, Henry T. 1989. 'Concluding Remarks' in Henrickson, Elizabeth and Thuesen, Ingolf (reds.) Upon This Foundation - The ’Ubaid Reconsidered. Kopenhagen: Museum Tusculanum Press. pp. 451–456.
  4. 4,0 4,1 Carter, Robert A. and Philip, Graham. 2010. 'Deconstructing the Ubaid' in Carter, Robert A. en Philip, Graham (reds.) Beyond the Ubaid: Transformation and Integration in the Late Prehistoric Societies of the Middle East. Chicago: The Oriental Institute of the University of Chicago. p. 2.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search